top of page

Ons Programme

Halfdag

07:30 - 08:00 Aankoms

Kinders kom by skool aan. Die onderwyser is verantwoordelik om die inders te help om afskeid van hul ouers / versorgers te neem en die individuele kinders te help vestig deur hulle aan te moedig om aktiwiteite van keuse te onderneem van regoor die skool.

08:00 - 10:15  Individuele werk tyd

Kinders, gedurende hierdie tyd, spandeer tyd op individuele aktiwiteite by 'n tafel of op die mat. Daar is iets op elke rak vir elke kind. Baie aktiwiteite vereis 'n les van die onderwyser voor 'n kind dit kan gebruik. Ander aktiwiteite, soos legkaarte, kan gebruik word sonder 'n les. 'n Kind wat 'n aktiwiteit kies wat te moeilik is vir hom, word iets aangebied wat beter by sy vermoë pas. Hierdie tyd sluit kuns ook in.

10:15 - 10:45 Kring-tyd, godsdiens en nuus Elke dag lees ons 'n bybelstorie en 'n gebed vir die daggie, ons bespreek elkeen se nuus en ook die tema vir die week.
10:45 - 11:00  Versnappering

Gedurende hierdie tyd kan kinders hulle kossies eet.

11:00 - 11:30 Musiek / bewegings aktiwiteite

Voorbereide bewegings aktiwiteite en/of musiek aktiwiteite vir die jongspan.

11:30 - 12:45  Vryspel
Kinders kan vrylik in die vryspel klassie speel, asook buite op die skoolgronde en in die fanatasie huisie.

12:45 - 13:00 Storie tyd

Onderwyser lees 'n storie wat verband hou met die tema. 

13:00 Verdaag

Halfdag kinders verdaag



Voldag

07:30 - 13:00 Halfdag program

Voldag leerders neem deel aan die halfdag program.

13:00 - 15:00 Rus/slaap tyd

Kinders kan rustig lê en musiek luister, slaap of ander kan boek lees of rustig speel.

15:00 - 15:15 Versnappering

Kinders kan rustig hulle kossies eet

15:15 - 16:40 Vryspel

Binne en buite vryspel

16:40 - 17:00 Storie tyd 

Kinders geniet 'n storie

17:00 - 17:30 Verdaag

Voldag kinders verdaag



Nasorg

13:00 - 13:30 Aankoms

Aankoms van nasorg leerders.

13:30 - 15:00 Rus tyd en huiswerk

Gedurende hierdie tyd kry skoolgaande leerders kans om hulle huiswerk met die onderwyser te doen en om rustig te lê of speel.

15:00 - 15:15 Versnappering

Leerders kan hulle ingepakte kossies geniet

15:15 - 16:40 Vryspel

Leerders geniet binne en buite vryspel

16:40 - 17:00 Storie tyd

Leerders sit rustig in hierdie groeptyd en luister na die storie

17:00 - 17:30 Verdaag

Halfdag leerders verdaag

 

Vakansie programme

08:00 - 08:30 Aankoms

Kinders kom by skool aan en geniet vryspel binne of buite (afhangende van weer omstandighede)

08:30 - 10:00 Tema gebaseerde aktiwiteite

Interesante aktiwiteite word voorberei vir leerders.

10:00 - 10:30 Versnapperings

Kinders kry geleentheid om binne of buite hulle kossies te geniet (afhangende van weer omstandighede)

10:30 - 12:00 Vryspel

Vryspel binne en buite

12:00 12:30 Storie tyd/drama en musiek

Kinders kan heerlik deelneem aan storie tyd of drama aktiwiteite en musiek.

12:30 - 13:00 Rustig speeltyd

Kinders kan rustig speel of rus met strelende musiek in die agtergrond.

13:00 verdaag



bottom of page